On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Michael
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Vermoorde verkeersbeampte van Rustenburg ter ruste gelê

───   08:03 Thu, 28 Dec 2023

Vermoorde verkeersbeampte van Rustenburg ter ruste gelê | News Article
Matshidiso Mokotedi Foto verskaf

“n 43-jarige man is in hegtenis geneem toe hy haar as vermis by die polisie wou aanmeld.”

Honderde rouklaers, insluitend vriende en familie, het gister afskeid geneem van die vermoorde verkeersbeampte Matshidiso Mokotedi (31) in Boikhutso, Ventersdorp. 

Sy is na bewering verlede week deur haar kêrel vermoor. Haar liggaam is deur ’n lid van die K9-eenheid gekry naby Arnoldistad in Rustenburg waar sy gestasioneer was.

Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê ’n 43-jarige man is in hegtenis geneem toe hy haar as vermis by die polisie wou aanmeld. Sello Lehari, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het sy meegevoel met die familie betuig en haar beskryf as ’n toegewyde werker. 

Matshidiso Mokotedi was lid van die nuwe verkeerseenheid bekend as die Arende. Foto verskaf

Henry Mamothame, NVG-woordvoerder, het intussen aan OFM Nuus gesê die saak is terugverwys na die polisie vir verdere ondersoek. Sello Kwena, provinsiale kommissaris, het die inhegtenisneming van die verdagte verwelkom en sê die polisie sal streng optree teen diegene wat hulle aan geslagsgeweld skuldig maak.

Sy is vermoor net tien dae ná die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, sê Kwena.

OFM NUUS/Joba Matsheng dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.