On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse polisie 'vee skoon' onder misdadigers

───   09:50 Thu, 28 Dec 2023

Vrystaatse polisie 'vee skoon' onder misdadigers | News Article
Vrystaatse polisielede tydens 'n padblokkade buite Bloemfontein. Foto: Verskaf

Padblokkades wat op nasionale roetes en agterpaaie gehou is, het daartoe gelei dat 373 onwettige immigrante in hegtenis geneem is.

Die polisie in die Vrystaat het in die afgelope week 3 100 verdagtes vir verskillende misdade aangekeer as deel van Operasie Shanela. Shanela is die Zoeloewoord vir “om te vee".

Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê elf verdagtes is vir moord in hegtenis geneem, 25 vir poging tot moord, 478 vir aanranding, 34 vir die besit van 'n gevaarlike wapen, 84 vir dwelmverwante misdade en 16 vir die besit van goudstowwe.

Polisielede besig met 'n padblokkade buite Bloemfontein. Foto verskaf

Altesame 27 verdagtes word vir verkragting gesoek, drie vir die onwettige besit van 'n vuurwapen en 12 verdagtes word met rooftogte verbind. Speurders het ook 857 gesoekte verdagtes tydens opsporingsoperasies vasgetrek.

Padblokkades wat op nasionale roetes en agterpaaie gehou is, het daartoe gelei dat 373 onwettige immigrante in hegtenis geneem is.

“Die Vrystaatse polisie het meer stewels op die grond in winkelsentrums en besienswaardighede om te verseker dat besoekers en inwoners veilig is,” sê Kareli.

‘Polisie trek landwyd meer as 75 000 verdagtes vas’

TimesLive berig meer as 75 000 verdagtes is landwyd sedert 15 Oktober in hegtenis geneem as deel van die polisie se poging om ’n veiliger feestyd te verseker. Dit behels meestal ongedokumenteerde buitelanders, dronkbestuurders en diegene wat iemand aangerand het.

Sedert 15 Oktober het die polisie meer as 3 360 padblokkades gehou, meer as 200 000 stop-en-soek-operasies uitgevoer, 26 569 voertuigkontrolepunte gehou en 500 000 voertuig- en voetpatrollies uitgevoer.

“Meer as 11 000 ongedokumenteerde buitelanders is landwyd in hegtenis geneem en die proses om hulle te deporteer is aan die gang,” sê Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder. “Die polisie fokus veral op alkoholmisbruik wat ’n dryfkrag agter misdaad is. 

Van 1 tot 22 Desember is 2 500 mense in hegtenis geneem vir die gebruik van drank in die openbaar en 850 is aangehou omdat hulle dronk en wanordelik in 'n openbare plek was. In die eerste 22 dae van Desember het die polisie 17 844 verdagtes gearresteer vir die onwettige handeldryf in drank.”

OFM Nuus  dg

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.