Central SA
Nasionale pad by Britstown onder water─── 12:31 Thu, 28 Dec 2023
“Ons vra motoriste om versigtig te wees, hul spoed te verminder en hul motors se noodligte aan te skakel.”
Motoriste wat Donderdag (28/12) op die N12 tussen Victoria-Wes en Britstown gery het, waarsku dat dele van die pad weens swaar reënval onder water en onveilig is.
Harold McGluwa, lid van die Noord-Kaapse Wetgewer, sê die gebied tussen Strydenburg en Britstown het onder ’n wolkbreuk deurgeloop en water stroom oor die pad.
“Ons vra dat motoriste wat die N12 gebruik, versigtig sal wees, hul spoed sal verminder en hul voertuig se noodligte aanskakel.”
‘Ontwrigtende reën kan lei tot die oorstroming van paaie’
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër voorspel dat ontwrigtende reën in die Noord-Kaap en dele van die Vrystaat kan lei tot die oorstroming van paaie en nedersettings. Dit kan ook skade aanrig aan eiendom en infrastruktuur.
OFM Nuus dg
