On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

25 onwettige myners in Noord-Kaap vasgetrek

───   08:46 Fri, 29 Dec 2023

25 onwettige myners in Noord-Kaap vasgetrek | News Article
Domkraghammers en kragopwekkers is van die items wat op beslag gelê is. Foto: SA Polisiediens

Beslag is gelê op elf kragopwekkers, 33 domkraghamers en ander myngereedskap.

Altesame 25 mans van Lesotho is Woensdag in die Noord-Kaap in hegtenis geneem nadat die polisie en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op onwettige mynbedrywighede in die provinsie toegeslaan het.

Dit is deel van ’n voortgesette operasie genaamd Vala Umgodi (Zoeloe vir “maak toe die gat”) om onwettige mynbedrywighede te bekamp. Die polisie  sê dit hou ’n toenemende risiko in vir die volhoubaarheid van die mynbedryf in die provinsie.

Woensdag se inhegtenisnemings het in die gebiede van Namakwa- en Francis Baard-distriksmunisipaliteit plaasgevind, onder leiding van Kholakele Sontsi.

Beslag is gelê op elf kragopwekkers, 33 domkraghamers en ander gereedskap. Die verdagtes van 26 tot 50 jaar sal binnekort in die hof verskyn.

OFM Nuus   dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.