Central SA
Gariepdam begin oorloop─── 12:07 Fri, 29 Dec 2023
Die dam sal na verwagting op Nuwejaarsdag 105% vol wees.
Die Gariepdam, die grootste dam in Suid-Afrika, het sedert gisteraand (28/12) begin oorloop.
Die Oranjerivier, die langste rivier in die land, se vlak sal na verwagting in die komende dae styg. Vanaf die Gariepdam loop die Oranjerivier verby die Colesberg- en Philippolis-distrik tot in die Vanderkloofdam, die tweede grootste dam in Suid-Afrika.
’n Grafiek wat Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier Landbou-unie, aan OFM Nuus verskaf het, toon hoe die dam se watervlak sedert verlede Vrydag (22/12) toe dit sowat 93% vol was, aansienlik gestyg het. Swaar reënval die afgelope week het daartoe gelei dat die dam vandag 99%-kapasiteit bereik het en na verwagting teen 1 Januarie 105% vol sal wees.
OFM Nuus dg
