On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners soek ander heenkome ná swaar reënval in Noord-Kaap

───   09:42 Mon, 01 Jan 2024

Inwoners soek ander heenkome ná swaar reënval in Noord-Kaap | News Article
Groot skade is ná reën in die Noord-Kaap aangerig. Foto verskaf

"Ons is dankbaar geen sterftes of ernstige beserings is tot dusver aangemeld nie.”

Donderstorms, sterk wind en ontwrigtende reën het die afgelope paar dae ’n spoor van vernietiging in verskeie Noord-Kaapse dorpe gelaat. Talle inwoners moes tydelik hul huise ontruim om ander heenkome te soek nadat hul woonplekke deur reënwater oorstroom is.

Die Departement van Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake sê bykans 270 huishoudings in die Pixley ka Seme-distrik is geraak, met vloedskade aan sowat 200 huise in Britstown en 70 huise in Slangpark, Hillside en Hopetown. 

Paaie in die Noord-Kaap is oorstroom ná donderstorms. Foto verskaf

Die distrik se rampbestuursentrum huisves tydelik 30 gesinne by die Steynville-gemeenskapsaal in Hopetown. Ontheemde inwoners is van komberse voorsien terwyl die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se sopkombuise twee maaltye per dag aan inwoners in Hopetown, Langberg en Britstown verskaf.

In die Joe Morolong-munisipaliteit in die John Taolo Gaetsewe-distrik is elf huise deur oorstromings geraak. Infrastruktuur soos paaie, elektrisiteit en riool is ook erg beskadig.

Talle inwoners moes hul huise ontruim. Foto verskaf

Verskeie Lede van die Uitvoerende Raad, waaronder Bently Vass (Coghsta), Nontobeko Vilakazi (Maatskaplike Ontwikkeling) en Fufe Makatong (Paaie en Openbare Werke) het van die gebiede saam met hul senior bestuurders besoek om eerstehandse inligting oor die skade te kry.

Vass het sakelui en inwoners bedank wat ingespring het om ntheemde gesinne van komberse, toiletware en maaltye voorsien het. “As die regering is ons dankbaar dat ons met die private sektor kan hande vat en saamwerk om verligting aan gemeenskappe te bring. Ons is ook dankbaar geen sterftes of ernstige beserings  is tot dusver aangemeld nie.”

Hy het inwoners versoek om ag te slaan op die waarskuwings oor weerstoestande en om voorsorgmaatreëls te tref om hulself en hul eiendomme veilig te hou.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.