On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Berugte SVK-bendelede verskyn Vrydag weer in Orkney-hof

───   09:38 Tue, 02 Jan 2024

Berugte SVK-bendelede verskyn Vrydag weer in Orkney-hof  | News Article
Foto: SA Polisiediens

"Bendelede het glo op 16 Desember 'n man met messe en knopkieries gedreig en van sy selfoon beroof."

Agt mans wat na bewering lid is van die berugte SVK-bende in Kanana verskyn weer Vrydag in die landdroshof in Orkney. Hulle word aangekla van roof en die opsetlike beskadiging van eiendom.

Tebogo Shadrack Bonokwane (42), Buhle Kotokwane (19), Tshediso Frank Lekitlane (33), Thabang Pana Maseko (26) , Rankabi Mohlomi (35), Kholisile Petrus (36), Lesedi Sekhonyane (19) en Thabang Selebalo (25) is in die vroeë oggendure van 28 Desember in Kanana in hegtenis geneem.

Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê bendelede het glo op 16 Desember 'n 25-jarige man met messe en knopkieries gedreig en van sy selfoon beroof.

‘Slagoffer en twee broers eis selfoon van bendelid’

“Die slagoffer is saam met sy twee broers na een van die bendelede se huis om die selfoon terug te eis. Hulle het op die verdagte in die straat afgekom en toe hulle hom oor die selfoon vra, het hy huis toe gehardloop.

“Die drie mans het vir die verdagte gesê hulle gaan ’n klag by die polisie aanhangig maak. Onderweg het hul pad gekruis met ander SVK-bendelede wat na bewering die slagoffer en sy twee broers agterna gesit het. Die klaer is na bewering met 'n mes in die gesig gesteek terwyl sy broers glo met klippe bestook is. Die bendelede het na die slagoffers se huis gegaan en dit ook met klippe bestook. Vensters en 'n deur is beskadig.

“’n Saak van roof en opsetlike saakbeskadiging is by die polisie aanhangig gemaak en na die polisie se teenbende-eenheid verwys. Lede van die eenheid het op 28 Desember 'n klopjag in Kanana uitgevoer en agt verdagtes is in hegtenis geneem.”

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.