On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende buitelandse motorkapers loop hul rieme styf in Noord-Vrystaat

───   17:51 Thu, 04 Jan 2024

Vermeende buitelandse motorkapers loop hul rieme styf in Noord-Vrystaat | News Article
’n Kia Picantor soortgelyk aan die een wat gekaap is in die suide van Gauteng. Foto ter illustrasie: buildandprice.kia.co.za

“Die voertuig is deursoek, toe hulle afgekom het op twee nommerplate en ’n speelgoedgeweer.”

Twee buitelanders kom na verwagting Vrydagoggend (4/1) in die Sasolburgse landdroshof voor vir die besit van ’n gesteelde voertuig nadat hulle na bewering ’n klein sedan gekaap het.

Lede van Sasolburg se hoofwegpatrollie het die R82 in die rigting van Viljoensdrift Dinsdag kort voor middernag gepatrolleer toe hulle ’n wit Kia Picanto sonder nommerplate gewaar, sê Josephine Rani, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

‘Die twee verdagtes bly in aanhouding’

Die wetstoepassers het die twee mans, van 32 en 42 jaar, voorgekeer. Die voertuig is deursoek, toe hulle afgekom het op die ontbrekende nommerplate en ’n speelgoedgeweer. Tydens ’n navraag oor die nommerplate is vasgestel die voertuig is in Kliprivier in die suide van Gauteng gekaap.

Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en bly in aanhouding tot hulle Vrydag voorkom vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.