On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Upington: Amptenaar van Binnelandse Sake binnekort in hof weens korrupsie

───   09:26 Fri, 05 Jan 2024

Upington: Amptenaar van Binnelandse Sake binnekort in hof weens korrupsie | News Article
Die vrou mag eers geïdentifiseer word nadat sy in die hof verskyn et. Foto: SAPD

“Die polisie het haar op heterdaad betrap en in haar kantoor in hegtenis geneem.”

’n Amptenaar van Binnelandse Sake in Upington verskyn binnekort in die landdroshof op aanklagte  van korrupsie.

Die Noord-Kaapse eenheid vir teenkorrupsie het die 37-jarige vrou Woensdag (3/1) aangekeer nadat hulle ’n wenk ontvang het dat sy na bewering teen betaling onwettige identiteitsdokumente vir ongedokumenteerde buitelanders verwerk, sê Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder. “Die polisie het haar op heterdaad betrap en in haar kantoor in hegtenis geneem.”

Thabo Mphuthi, ZF Mgcawu-distrikskommissaris, het die wetstoepassers geloof vir hul goeie werk en beklemtoon dat alles moontlik gedoen word om korrupsie uit te roei.

OFM Nuus mc dg


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.