On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek-meisie steeds vermis ná afspraak met nuwe Facebook-kêrel

───   10:18 Fri, 05 Jan 2024

Vaaldriehoek-meisie steeds vermis ná afspraak met nuwe Facebook-kêrel | News Article
Mbali Tuge word steeds vermis. Foto: Facebook

“Omstreeks 20:00 het haar ma haar gebel, maar die oproep het dadelik na stempos oorgeskakel.”

Die soeklig val weereens op die gevare van sosiale media nadat ’n tienermeisie van die Vaaldriehoek blykbaar in ’n Facebook-strik getrap het.

Die polisie in Evaton vra inwoners van dié township noord van Vanderbijlpark se hulp om die vermiste Mbali Tuge (16) op te spoor. Sy is nog nie weer gesien nie vandat sy ’n nuwe kêrel gaan ontmoet het wat sy deur Facebook leer ken het.

Vaalweekblad berig Mbali het Vrydag (29/12) omstreeks 16:20 saam met haar ma by haar ouma in Uitbreiding 4, Evaton-Wes, gekuier toe sy na die Evaton Mall is om haar nuwe Facebook-kêrel, ene Katleho Mokoena, te ontmoet.

Mbali Tuge word al langer as ’n week vermis. Foto : Facebook 

Omstreeks 20:00  daardie aand het haar ma haar gebel, maar die oproep het dadelik na stempos oorgeskakel. Sy het ook deur Facebook probeer kontak maak, maar vergeefs.

“Hulle het na haar gaan soek by ’n vriendin se plek, maar sy word steeds vermis,” sê Thulisile Msibi, polisiewoordvoerder. Toe sy laas gesien is, het Mbali ’n bruin langmourok, wit Crocs en ’n vlootblou keps gedra. Haar hare was blond gekleur.

Msibi vra enigeen met inligting om die Evaton-polisiekantoor by 016 590 9300 te bel of anonieme wenke na die MySAPS app te stuur.

OFM Nuus  mc dg 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.