On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Deurbraak in moord op Noord-Kaapse tiener – VIDEO

───   10:37 Tue, 09 Jan 2024

Deurbraak in moord op Noord-Kaapse tiener – VIDEO | News Article
Die begrafnisdiens is Sondagoggend in ’n koshuissaal gehou te midde van hartroerende tonele. Foto verskaf

“Teen halfagt het ons by iemand verneem van ’n liggaam wat in ’n verlate crèche gelê het.”

’n Verdagte is Maandag is hegtenis geneem vir die moord op ’n 18-jarige meisie van Brandvlei in die Noord-Kaap, ’n dag ná haar begrafnis.

Hy kom vandag voor in die landdroshof op Calvinia. Die vermoorde skooldogter, Hesty-Ann Green (18), sou vanjaar haar skoolloopbaan voltooi het.

Hesty-Ann Green (18). Foto verskaf

Verbygangers het op Oujaarsoggend (31/1) afgekom op Green se bebloede liggaam in ’n verlate gebou, wat voorheen as ’n bewaarskool gebruik is. Haar naakte liggaam is met bourommel toegepak om dit te versteek.

Nikolas Swartz, haar onderwyser-oom, het vroeër hartseer vertel dat sy voor haar tragiese dood na ’n Oujaarsdans op die plaaslike sportterrein was. Dit het aangehou tot in die vroeë oggendure van Oujaarsoggend, het inwoners gesê.

Green het nie huis toe gekom nie, waarna Swartz en vrywilligers na haar begin soek het. “Ons het dié betrokke Sondagoggend vroeg orals na haar begin soek,” vertel Swartz. “Teen halfagt het ons by iemand verneem van ’n liggaam wat in ’n verlate crèche gelê het.”

Die verlate crèche waar die moord gepleeg is. Foto verskaf

Brandvlei se polisie is ontbied. Omdat niemand die gebou kon binnegaan nie, het die familie intussen steeds verder na Green gesoek. Haar liggaam het tot omstreeks 13:00 daar gelê sodat ’n forensiese span van Calvinia (sowat 140 km suidwes van hier) ontbied kon word vir hulle ondersoek. Eers omstreeks 14:00 het dit bekend geword dat dit inderdaad Green se oorskot was.


Die skoolmeisie se begrafnisdiens is Sondagoggend in ’n koshuissaal gehou te midde van hartroerende tonele. Veral skoolkinders het gegil, geweeklag of flou geval, terwyl volwassenes se trane vrylik gevloei het.

Haar naakte liggaam is met bourommel toegepak om dit te versteek. Foto verskaf

Die polisie het intussen ’n verdagte (19) van Brandvlei by sy werkplek in die Kaap in hegtenis geneem. Hy sal Dinsdag (9/1) in die Calvinia-hof verskyn, sê Molefi Shemane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Swartz sê die verdagte was tydens die feestyd op Brandvlei met Green in kontak. Nadat hy aangekeer is, het “Brandvlei se mense … boos na die polisie opgeruk en antwoorde gaan soek. Hulle wou die verdagte ook sien.”

OFM Nuus/Isaac Cloete cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.