Central SA
Bloemfonteinse vrou aangekeer vir haar minnaar se beweerde moord─── HEIDRÈ MALGAS 13:03 Tue, 09 Jan 2024
“Met die polisie se aankoms het hulle ’n man gevind wat op sy rug in ’n veld gelê het.”
’n 33-jarige vrou van Bloemfontein is in hegtenis geneem weens die beweerde moord op haar 36-jarige lewensmaat. Die polisie in Navalsig het Saterdag (6/1) om 21:40 ’n klag uit Roodewal ontvang.
'n Patrollievoertuig is uitgestuur, en met hul aankoms het die polisie 'n man gevind wat op sy rug in ’n veld gelê het.
‘Hy is op die toneel dood verklaar’
Hy is in die linkerkant van sy bors met ’n mes gesteek. Die polisie sê die verdagte het steeds die bloedbevlekte mes in haar besit gehad.
Die twee het glo vroeër saam gedrink voordat hulle begin stry het. Paramedici het die man op die toneel dood verklaar. Sy bly in aanhouding en sal binnekort in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
OFM Nuus cg/dg
