On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Ontdek BruCo se dieseldepot in Vanderbijlpark

───   13:30 Mon, 15 Jan 2024

Sponsored13:30 Mon, 15 Jan 2024
Ontdek BruCo se dieseldepot in Vanderbijlpark | News Article

Die BruCo Groep verskaf ’n wye reeks koolstofgebaseerde produkte en het ’n betroubare vervoerafdeling ontwikkel, sowel as ’n nuut-ontwikkelde dieseldepot in Vanderbijlpark.

Luister hieronder om meer uit te vind oor hierdie innoverende kommoditeits- en vervoermaatskappy:

Besoek brucosa.com om meer oor hul dienste te lees.

Wie is BruCo?

BruCo Group is ’n doelgerigte en innoverende kommoditeits- en vervoermaatskappy. Hulle verskaf ’n wye reeks koolstofgebaseerde produkte en het ’n betroubare vervoerafdeling ontwikkel sowel as ’n nuut ontwikkelde dieseldepot in Vanderbijlpark. As gevolg hiervan het BruCo gegroei tot ’n toegewyde kommoditeits-vervoerder sowel as ‘n gerespekteerde verskaffer regoor Suid-Afrika.

Dieseldepot

BruCo het die depot begin ontwikkel in November 2021, en het van daar af baie aanpassings gemaak om die depot toeganklik te maak vir hulle vragmotors sowel as ’n handvol kliënte, en het van daar af gegroei tot waar hulle vandag is. BruCo se doelwit met die depot was nog altyd om die gemak van hul kliente te maksimaliseer deur uitstekende dienslewering en innoverende denke.

Wat bied die dieseldepot?

Anders as wat mense sou glo, verskaf BruCo baie meer as net diesel. Hulle verskaf ook ’n verskeidenheid dienste vir hul kliënte, wat die volgende insluit: ‘bin washes’, ‘full washes’, veilige parkering vir vragmotors, asook ablusiegeriewe vir drywers sodat hulle hul dag vars kan begin. BruCo is ook tans besig om hul depot uit te brei vir die verskaffing en vervaardigning van Bio Diesel. BruCo is opgewonde oor wat 2024 vir hulle gaan bied!

Is BruCo se dieseldepot net vir logistiek?

In 2023 het BruCo dit goed gedink om hul depot oop te maak vir die publiek sodat hulle met trots die gemeenskap van Vanderbijlpark ook kan verwelkom. Vanderbijlpark het al soveel geleenthede vir BruCo gebied en hulle wil graag alles in hul vermoë doen om dit wat vir hul gebied word, terug te sit in die dorp en vir sy mense.

Die verspreiding van diesel

BruCo is trots om te kan se dat hulle nie net diesel verskaf vanaf hul depot nie maar dat hulle deelneem aan die verspreiding van diesel ook. Hulle is gefokus daarop om hul produkte te kan verskaf aan baie meer maatskappye as dié wat net in hul dorp se radius is. BruCo streef daarna om top-kwaliteit produkte te verskaf aan menige groot maatskappye sowel as die klein familiebesighede regoor Suid Afrika.

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.