On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie vra hulp om vermiste tiener van Kimberley op te spoor

───   13:53 Wed, 10 Jan 2024

Polisie vra hulp om vermiste tiener van Kimberley op te spoor | News Article
Alicia Maritz. Foto: SAPD

“Daar is geen wagtydperk om iemand as vermis aan te meld nie”

Noord-Kaapse polisie vra mense moet help soek na ’n vermiste tiener van Galeshewe in die Diamantstad.

Alicia Maritz het haar huis in Tswhenestraat, Blumanda, Saterdag (6/1) om 16:40 verlaat maar het nooit teruggekeer nie. Sy is laas gesien met ’n rooi hemp, blou denim en swart tekkies. Sy is medium gebou en het swart hare.

’n Saak van ’n vermiste persoon is by die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe aangemeld. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, Tanya Serfontein, by 082 495 4605 of 053 807 6161 bel.

Die polisie herinner die publiek daaraan dat daar geen wagtydperk is om ’n persoon as vermis aan te meld nie en dit so gou moontlik te doen.

OFM Nuus dg


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.