Central SA
Substasies in vlamme: Ontruiming volg op Aliwal-Noord─── HEIDRÈ MALGAS 10:43 Thu, 11 Jan 2024
Daar is onsekerheid oor hoe groot die gebied is wat ontruim moet word.
Die hoof- elektriese voedingstransformator vir Aliwal-Noord het Donderdagoggend (11/1) om 06:55 in vlamme opgegaan weens ’n beweerde gebrek aan instandhouding.
Twee substasies op die dorp is aan die brand en plaaslike inwoners word om veiligheidsredes uit die gebied ontruim aangesien daar ’n brandstofpompstasie langs die transformator is.
Paramedici, die polisie en Brandbestryders Suid-Afrika het die voorval bevestig en sê die situasie word geëvalueer, maar hulle is onseker hoe groot die gebied is wat ontruim moet word. “Ons kan nie rampbestuur daar kry nie,” het hulle gesê.
Facebook-gebruikers van die Oos-Kaapse dorp is bekommerd dat hulle dalk vir lank nie kragtoevoer sal hê nie en bespiegel dat beurtkrag, waar krag aan- en afgeskakel word, die ontploffing kon veroorsaak het.
Dit is ’n ontwikkelende storie.
