On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Verbruikers gemaan om versigtig te leen dié ‘Januworry’

───   ZENANDE MPAME 12:49 Thu, 11 Jan 2024

Verbruikers gemaan om versigtig te leen dié ‘Januworry’ | News Article
Foto: debt.org

“Verbruikers sal dalk hierdie tyd van die jaar buitensporig moet leen weens swak begroting en verlede jaar se roekelose besteding.”

Verbruikers in Sentraal-SA word aangeraai om verstandig en verantwoordelik te leen en krediet te beperk tot net die nodigste. As dit behoorlik gedoen word, kan die leen van geld help om mense se krediettelling te verhoog. So nie, kan dit die verbruiker se geestelike en finansiële welstand benadeel.

“Benewens die hoë lewenskoste sal verbruikers dalk hierdie tyd van die jaar buitensporig moet leen weens swak begroting en verlede jaar se roekelose besteding,” sê Poppy Kweyama, die Nasionale Kredietreguleerder se opvoeding-en-kommunikasiebestuurder.

“Sommige verbruikers is desperaat vir finansiële bystand en kan roekeloos lenings aangaan, selfs van gewetenlose kredietverskaffers.”

‘Verbrekers moet mooi plan om hoe die skuld gaan terugbetaal’

Verbruikers word versoek om lenings by gemagtigde kredietverskaffers uit te neem, vir net soveel as wat hulle nodig het, en net wanneer dit broodnodig is.

Die Kredietreguleerder sê leners moet mooi beplan hoe hulle die skuld gaan terugbetaal. Die belangrikste stap is om doodseker te maak of die verbruiker die paaiemente kan bekostig.

“Leen in Januarie net geld vir noodsaaklikhede, en maak seker jy kan die terugbetalings bekostig. Verbruikers moet baie versigtig wees om in dié tyd nie meer skuld te maak as wat hulle kan terugbetaal nie,” is Ester Ochse, produkhoof by FNB Integrated Advice, se raad.

‘Verbruikers moet nooit hul ID of bankkaart by ’n kredietverskaffer los’

“Ander maniere om deur die maand te kom, is byvoorbeeld beloningsprogramme of om te kyk waar jy ’n paar spesiale aanbiedinge kan benut.”

Verbruikers word aangeraai om seker te maak dat hulle die bepalings en voorwaardes van die lening verstaan voordat hulle enigiets onderteken en om nooit hul ID of bankkaart by ’n kredietverskaffer te los in ruil vir ’n lening nie, aangesien dit onwettig is.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.