Central SA
Noordwes: LUR besoek nuutgeboude skole voor nuwe skooljaar─── 15:00 Fri, 12 Jan 2024
“Die skool sal na verwagting sy eerste matrikulante teen 2027 hê.”
Viola Motsumi, LUR vir Onderwys in Noordwes, het nuutgeboude skole besoek om te kyk na hul vordering voordat die skooljaar volgende week begin.
Die doel van haar besoek is om seker te maak die skole is gereed om leerders te akkommodeer in ’n bevorderlike omgewing.

Viola Motsumi, LUR vir Onderwys, het skole in die Noordwes besoek. Foto verskaf
In die Dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit het Motsumi die Sarafina Secondary School in Ikageng oorhandig. In die skool is daar meer as 700 kinders in gr. 8 en gr. 9. Die skool kos byna R100 miljoen en die sportgeriewe sal teen die einde van die eerste kwartaal voltooi wees.
Motsumi sê daar was baie struikelblokke in die bou van die skool en die leerders moes na nabygeleë skole gaan.

Viola Motsumi, LUR vir Onderwys in Noordwes, het gaan kyk na die vordering van nuutgeboude skole. Foto verskaf
Mphata Molokwane, departementele woordvoerder, sê daar sal 15 personeellede wees en die skool sal na verwagting sy eerste matrikulante teen 2027 hê.
Intussen sal die Saruchera Primary School in Huhudi naby Vryburg gr. R tot gr. 6-leerders akkommodeer. Molokwane sal ook ondersoek instel na die oorvol laerskole in die omgewing.
OFM Nuus/Joba Matsheng dg/cg
