On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie keer verskeie vermeende dwelmsmouse aan

───   09:04 Sun, 14 Jan 2024

Noord-Kaapse polisie keer verskeie vermeende dwelmsmouse aan | News Article
Die polisie het beslag gelê op dagga ter waarde van R26 000. Foto verskaf

“Twee verdagtes is ook vir die onwettige besit van dwelms in hegtenis geneem nadat die voertuig waarin hulle gery het op Van Wyksvlei voorgekeer en deursoek is.”

Drie verdagtes is Vrydag (12/1) in verskillende gebiede dwarsoor die Noord-Kaap in hegtenis geneem vir dwelmhandel.

Die polisie op Upington het ’n Kongolese burger (28) in hegtenis geneem wat na bewering betrokke was by die handel in dwelms. Hulle het beslag gelê op R26 000 se dagga. Die verdagte kom na verwagting Maandag (15/1) voor in die Upington-landdroshof.

Twee verdagtes is ook vir die onwettige besit van dwelms in hegtenis geneem nadat die voertuig waarin hulle gery het op Van Wyksvlei voorgekeer en deursoek is.

Tik en mandrax is van die dwelms waarop die polisie beslag gelê het. Foto verskaf 

“Die polisie het inligting ontvang dat ’n voertuig dwelms van ’n buurdorp af vervoer het. Die voertuig is gemonitor en geïdentifiseer op pad na die dorp,” het Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.

“Die voertuig is voorkeer en die insittendes het toestemming verleen dat dit deursoek kon word.” Met die deursoeking van die voertuig is 130 mandrax-pille en tik met 'n geraamde waarde van meer as R10 400 daarom gevind.

Twee verdagtes (23 en 36)  is in hegtenis geneem en kom na verwagting binnekort voor in die Carnavon-landdroshof.

Die tik en mandrax is meer as R10 000 werd. Foto verskaf

Wat dwelmoortredings betref, volg die Noord-Kaapse polisie steeds ’n beleid van geen verdraagsaamheid.

OFM Nuus mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.