On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

ActionSA in Vrystaat wil weet of matriekslaagsyfer kunsmatig hoog is

───   14:44 Thu, 18 Jan 2024

ActionSA in Vrystaat wil weet of matriekslaagsyfer kunsmatig hoog is | News Article
Foto: iStock

“Dit is nogal kommerwekkend dat byna 40% van gr. 10-leerders in die Vrystaat hul eksamen in 2023 gedruip het.”

ActionSA wil aan die LUR vir onderwys skryf vir ’n verduideliking van die hoë uitvalsyfer en die strategieë wat die departement geïmplementeer het om vroeë skoolverlaters op die skoolbanke te hou.

Die Vrystaatse Onderwysdepartement het in sy jaarverslag bekend gemaak dat 63 453 gr. 10-leerders die eindeksamen in 2021 geskryf het, maar net 43 000 van dié klas het twee jaar later die matriekeksamen afgelê.

“Hierdie aangeleentheid verdien die provinsie se volle aandag, aangesien onderwys ons kragtigste hulpmiddel is om ’n welvarende samelewing te skep, en ’n hoë funksionerende onderwysstelsel is sentraal om die volgehoue patrone van ongelykheid in Suid-Afrika te oorkom,” sê Patricia Kopane, voorsitter van ActionSA in die Vrystaat.

‘ActionSA wil aan die LUR vir onderwys skryf vir ’n verduideliking’

“Dis nogal kommerwekkend dat byna 40% van gr. 10-leerders in die provinsie hul eksamen in 2023 gedruip het.”

Die party skryf die swak uitslae toe aan swak toesig van die departement, swak institusionele funksionaliteit en swak vak-inhoudskennis en onderrigvaardighede. Hulle vermoed ook dat die getal kinders wat die matriekeksamen afgelê het, die gevolg kan wees daarvan dat die departement leerders terughou om die slaagsyfer kunsmatig hoog te hou.

“ActionSA glo dat die onderwysstelsel gedepolitiseer moet word en die doelwitte vir alle deelnemers aan die stelsel moet verbeterde opvoedkundige uitkomste van leerders en studente wees,” sê Kopane.

Dis kommerwekkend dat 40% van gr.10-leerders hul eksamen in 2023 gedruip het. Foto: OFM Nuus

“Ons bly daartoe verbind om ’n wêreldklas-onderwysstelsel te skep wat gelyke toegang tot gehalteonderwys bied vir alle burgers wat begin met toegang tot vroeë kinderontwikkelingsprogramme.”

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.