Central SA
Watertoevoer kwel Vrystaatse inwoners─── 12:06 Fri, 19 Jan 2024
“Ons span is daartoe verbind om hierdie uitdagings aan te pak en te verseker dat watertoevoer herstel word.”
Onderbrekings in watertoevoer wat in Qwaqwa in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit ervaar word, is onaanvaarbaar vir die inwoners.
Sommige glo dat dit net nóg ’n daad van sabotasie is om hul ondernemings te benadeel en hul klante se situasie te bemoeilik. Dit is nie net ondernemings wat geraak word nie, maar die inwoners is ook slagoffers.
Kelopile Mongake, die munisipale waterentiteit se woordvoerder, het aan OFM Nuus gesê daar is ’n gebarste inlaatpyp in Mphatlalatsane, wat uiteindelik die inwoners in Mphatlalatsane en die inwoners by Clubview raak.
Sy sê hul span sal vandag begin om dié pyp te herstel. Die watertoevoer sal onmiddellik ná voltooiing van die nodige herstelwerk terugkeer.
Sy het namens MAP Water om verskoning gevra. “Ons span is daartoe verbind om hierdie uitdagings aan te pak en te verseker dat watertoevoer herstel word.”
OFM Nuus/Tumelo Khotha cg/dg
