On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Tweeling ná 99 dae deur Bloemfonteinse hospitaal ontslaan – VIDEO

───   HEIDRÈ MALGAS 09:14 Sat, 20 Jan 2024

Tweeling ná 99 dae deur Bloemfonteinse hospitaal ontslaan – VIDEO | News Article
Hospitaalpersoneel en dokters groet die Pebane-gesin. Foto verskaf

“Hul toelating in die neonatale intensiewesorgeenheid was merkwaardig, omdat dit die kleinste vroeggebore babas is wat die afgelope 30 jaar deur die hospitaal se eenheid opgeneem is.”

Die tweelingbroers, Kingston en King Pebane, is Vrydag ontslaan nadat hulle 14 weke in die neonatale intensiewesorgeenheid van die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein behandel is.

Die tweeling se ma, Tshegofatso Pebane. Foto verskaf

Die tweeling se pa, Karabelo Pebane. Foto verskaf

Die babas is ontslaan toe hulle 99 dae oud was, sê Hannika Struwig, bemarkings-en-kommunikasiebestuurder van die hospitaal. “Die tweeling is prematuur gebore op 13 Oktober – op 24 weke – met ’n uitsonderlik lae geboortegewig van onderskeidelik 430 en 490 g.“

Hul toelating in die neonatale intensiewesorgeenheid was merkwaardig omdat dit die kleinste vroeggebore babas is wat die afgelope 30 jaar deur die hospitaal se eenheid opgeneem is.

Hospitaalpersoneel en dokters groet die Pebane-gesin. Foto verskaf

“Nadat hulle 17 dae lank geventileer is, het hulle nog twaalf weke in die eenheid deurgebring voordat hulle sonder enige komplikasies huis toe gegaan het, saam met hul trotse ouers,” sê sy.

King het 490 g geweeg en weeg nou 2,100 g. Kingston het 430 g geweeg en weeg nou 1,805 g.

Dr. Hennie Snyman, die tweeling se pediater. Foto verskaf

Met hul vertrek uit die hospitaal is die tweeling en hul ouers deur die hospitaalpersoneel en dokters gegroet, wat die tweetjies se ongelooflike herstel en krag gevier het. Hulle is juigend ’n gesonde en wonderlike lewe toegewens.


Karabelo Pebane (links) en sy vrou, Tshegofatso, by dr. Hennie Snyman (naaslinks), die tweeling se pediater, en dr. Gerrit van der Spoel (naasregs), die verloskundige en ginekoloog. Foto verskaf

OFM Nuus/Heidrè Malgas cg/mc

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.