On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-diefstal: 3 verdagtes moet in hof verskyn

───   ZENANDE MPAME 15:36 Mon, 22 Jan 2024

Noordwes-diefstal: 3 verdagtes moet in hof verskyn | News Article
Picture: SAPS

“Ondersoeke het gelei tot die inhegtenisneming van drie verdagtes tussen 27 en 41 jaar oud.”

Drie verdagtes wat Vrydag (19/1) vir veediefstal in Zeerust in hegtenis geneem is, sal Maandag (29/1) weer in die hof verskyn op ’n aanklag van veediefstal. Hulle het Maandag (22/1) hul eerste verskyning in die Zeerust-landdroshof gemaak.

Inligting is deur die Lehurutshe-veediefstaleenheid ontvang oor ’n veepos in Nietverdiend waar vyf Bonsmara-beeste sonder brandmerke gevind is.

“Die polisie het beslag gelê op die beeste en na ’n plaaslike skut geneem. Ná verdere ondersoeke is tatoeëermerke in die beeste se ore gevind,” sêAdéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes.

Die vyf Bonsmara-beeste wat by ’n veepos gevind is. Foto: SAPD

“Die tatoeëermerke het die polisie na die eienaar gelei, wat verklaar het dat tien van sy beeste vroeër vandeesmaand in Zeerust van sy plaas gesteel is.”

'Vier verdagtes is gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere'

Intussen het vier verdagtes wat Vrydag (19/1) in Ventersdorp in hegtenis geneem is, Maandag (22/1) in die Ventersdorp-landdroshof verskyn vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Letlhogonolo Legae (27), Bakang Mosothwane (27) en Letlhogonolo Motsokwane (41) bly tot hul volgende hofverskyning Maandag in aanhouding.

“David Moseki (27), Tshepo Nokeane (33), Frans Tladiatsa (41) en Eliot Simango (37) bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning Maandag (29/1). Die drietal is Vrydag (19/1) in besit van 12 vermoedelik gesteelde sonpanele gevind. Dié sonpanele is omstreeks 20:00 op ’n plaas gesteel,” sê Myburgh.

Die verdagtes se motors, ’n Opel en ’n Toyota Yaris, is op die R30-roete tussen Derby en Ventersdorp opgespoor. Hulle is in hegtenis geneem toe die sonpanele in hul voertuie gevind is.

OFM News/Zenande Mpame cg/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.