On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap skud vere reg vir Kalahari-feesnaweek

───   ELSABÉ DE JAGER 08:00 Fri, 26 Jan 2024

Noord-Kaap skud vere reg vir Kalahari-feesnaweek | News Article
Danse vertel van die stories en kultuur van die Khoi en San. Foto: Facebook

Vir hierdie geesdriftige feesdirekteur is dit moeilik om ’n enkele hoogtepunt van die naweek uit te sonder.

Die jaarlikse Kalahari Arts and Heritage Festival (KAHF) wil die mites – en soms ook wanopvattings, oor die omgewing en die inwoners van die Kalahari weerlê.

Luce Steenkamp, feesdirekteur, beskryf hierdie kleurryke geleentheid, die derde van sy soort, as ’n skouspel, “an extravaganza, exploding into life once again”. Feesgangers het reeds begin aankom vir enkele kursusse en toneelopleidingsessies wat Donderdag en Vrydag op Andriesvale en Askham plaasvind. Saterdag word ’n uitreik na skole gehou wat paneelbesprekings, repetisies en storievertellings op Askham insluit.

Die vierings strek oor vier dae, met die afsluiting op Philandersbron. Foto verskaf

Die fees bereik op Sondag ’n hoogtepunt op Philandersbron waar verskeie dramaproduksies, danse, poësie, musiek, foto-uitstallings, etes, meesterklasse in taal, en filmvertonings die lewe en kultuur van die Khoi en San-gemeenskappe op ’n treffende wyse sal uitbeeld. "Vanjaar se fees sal sonder twyfel voortbou op die vorige twee jaar se suksesverhaal" sê Steenkamp.

Kunstenaars kom van Platfontein, Loubos, Rietfontein, Mierfontein, Andriesvale, selfs Botswana en Namibië. Foto: Facebook

Vir hierdie geesdriftige feesdirekteur is dit moeilik om ’n enkele hoogtepunt van die komende naweek uit te sonder. Tog sien sy veral uit na Saterdag se dramaproduksies en dansvertonings wat beloof om die kultuur en erfenis op ’n treffende wyse uit te beeld. "Ek twyfel geensins nie dat dit ’n gebeurtenis gaan wees wat elke feesganger nog vir jare sal bybly."

OFM Nuus/Elsabé de Jager cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.