On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Bloemanda: Polisie soek naasbestaandes van selfmoordslagoffer

───   13:26 Fri, 26 Jan 2024

Bloemanda: Polisie soek naasbestaandes van selfmoordslagoffer | News Article
Picture: OFM News

“Die polisie het geen inligting oor sy identiteit nie en daarom het hulle die publiek se hulp gevra om die oorledene te identifiseer.”

Die polisie vra die publiek se hulp om die familie van ’n onbekende man op te spoor wie se liggaam op 28 November gevind is aan ’n boom in die veld langs Barklyweg, Bloemanda.

Die oorledene het ’n blou-en-vaal oorpak aangehad. Die polisie het op 19 Desember ’n verklaring uitgereik waarin hulle ’n beroep op die publiek gedoen het om te help om die man se familie te vind.

‘Die liggam is op 28 November gevind’

“Die liggaam is sedertdien nie opgeëis nie en die polisie doen steeds ’n beroep op die publiek om te help om sy familie op te spoor. Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” sê Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Enigiemand met inligting kan die Galeshewe-polisiekantoor kontak of die Stop Misdaadnommer bel by 08600 10111.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.