On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Ondersoek na Werner de Jager se motorongeluk ‘in sensitiewe stadium’

───   KAREN VAN DER BERG 15:06 Mon, 29 Jan 2024

Ondersoek na Werner de Jager se motorongeluk ‘in sensitiewe stadium’ | News Article
Werner en Liezel de Jager. Foto: Facebook

“Ons kan ongelukkig nie nou enige verdere inligting oor die ongeluk bekend maak nie. Dit is in ’n baie sensitiewe stadium.”

Die ondersoek na die ongeluk waarin Werner de Jager verlede jaar op die N1 in die Vrystaat betrokke was, is in ’n “sensitiewe stadium”; daarom kan die polisie nie meer inligting daaroor bekendmaak nie.

Die polisie se eenheid vir onopgeloste sake het in Desember die ondersoek na die ongeluk oorgeneem, sê lt.kol. Marietjie Roodt, ondersoekbeampte in sy moordsaak wat aan die eenheid verbonde is.

‘Hy het na bewering gejaag’

Dit is ook dié eenheid wat Werner in November in Bloemfontein in hegtenis geneem het vir die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, wat predikant van die NG Gemeente Suidkus op Amanzimtoti was. “Ons kan ongelukkig nie nou enige verdere inligting oor die ongeluk bekend maak nie. Dit is in ’n baie sensitiewe stadium.”

Roodt sê die ongeluk het op 15 April verlede jaar naby die Koppies-afrit plaasgevind. Berniece Eales (84) en haar skoondogter Linda Eales (54) van Kempton Park het op slag gesterf. De Jager het met sy Honda-sedan van agter teen die Fortuner vasgery. Hy het na bewering gejaag. Nog drie mense is beseer.

@actionsocietysa In April this year, a woman and her mother were killed when a speeding vehicle rear-ended them on the highway. The driver who allegedly collided with their car was Werner De Jager, accused of murdering his wife, Liezel De Jager in 2021. Had SAPS done their job in the Liezel’s case, would Linda and Bernice Eales still be alive? #LiezelDeJager #JusticeForLiezel #ActionSociety #IanCameron #CarteBlanche #JusticeSystem #SouthAfricanNews #SAPS #SouthAfricanPoliceService ? original sound - Action Society

Die saak waarin De Jager aansoek doen om borgtog ná sy vrou, Liezel, se moord in Oktober 2021 in die oprit van die pastorie op Amanzimtoti, gaan volgende week hier voort.

Roodt het Maandag aan OFM Nuus gesê die hof het verlede week beslis Werner se misdaad word verander na moord met voorbedagte rade.

Adriaan Janse van Rensburg, strafregprokureur van Bloemfontein, het vroeër aan OFM Nuus gesê moord met voorbedagte rade is wanneer die staat kan aanvoer die moord is vooraf beplan.

Om in ’n Bylaag 6-misdryf aansoek om borgtog te doen, beteken basies dat die bewyslas op die beskuldigde is. “Hy sal moet bewys daar bestaan buitengewone omstandighede en dat dit in belang van geregtigheid is om op borgtog vrygelaat te word.”

Vir so iemand is dit heelwat moeiliker om borg te kry omdat die bewyslas soveel moeiliker is, sê Janse van Rensburg.

Potchefstroom Herald berig De Jager het aangevoer hy gaan moontlik in Huis Hebron Potchefstroom bly indien sy aansoek om borgtog slaag. Huis Hebron is ’n opheffingsprojek sowat 15 km uit op die R53-pad na Vereeniging.

• Die borgtogaansoek duur Maandag (5/2) voort.

OFM Nuus/Karen van der Berg cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.