On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie vra Bloemfonteiners se hulp in moordondersoek

───   08:55 Tue, 30 Jan 2024

Polisie vra Bloemfonteiners se hulp in moordondersoek | News Article
’n Vorige misdaadtoneel by Rooidam, Bloemfontein. Foto: Corné Greyvenstein

Ná die moord het die polisie vasgestel ’n saak van kaping is by die Kagisanong-polisiekantoor aanhangig gemaak.

’n Klag is Sondag (28/1) omstreeks 09:30 ontvang van ’n uitgebrande voertuig by Rooidam, Lourierpark in Bloemfontein, waar ’n liggaam nog in die voertuig sigbaar was.

Met hul aankoms op die toneel, het polisielede ’n wit Volkswagen Golf 1 aangetref wat aan die brand gesteek is. Die voertuig se ruite was gebreek en ’n verkoolde liggaam is in die voertuig gevind. Die liggaam was onherkenbaar verbrand.

Die polisie sê verskeie kundiges is na die misdaadtoneel ontbied om leidrade te ondersoek. ’n Saak van moord is by die Parkweg-polisiekantoor aanhangig gemaak.  

Die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein vra inwoners se hulp om die motorkaping- en moordsaak op te los.

’n Voorlopige ondersoek toon dat ’n saak van kaping by die Kagisanong-polisiekantoor aangemeld is.

Die polisie werksaam op ’n vorige misdaadtoneel by Rooidam. 

’n Man (26) van Freedom Square beweer hy het in Taelo Molosioastraat gery toe twee mans hom voorgekeer en vir ’n saamrygeleentheid gevra het. Hy het beweer een van hulle het ’n vuurwapen uitgepluk en sy wit Volkswagen Golf 1 gekaap.

Hy het een van die verdagtes as lig van gelaat met ’n baard beskryf. Dié verdagte was geklee in ’n swart T-hemp en swart bermuda-kortbroek.

Die tweede verdagte is beskryf as mollig, bebaard en donker van gelaat; hy het kakie-chinos, ’n pienk hemp en ’n wit hoed gedra. Die verdagtes het na Taustraat gery.

Enigeen met meer inligting kan Thapelo Teleko, ondersoekbeampte, by 082 468 1624 bel. Anonieme wenke kan ook op die MySAPS app geplaas word of bel die Stop MIsdaadnommer by 08600 10111.

OFM Nuus cg/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.