On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-munisipaliteit kan nie skade aan lisensiekantoor herstel

───   11:15 Thu, 01 Feb 2024

Noordwes-munisipaliteit kan nie skade aan lisensiekantoor herstel | News Article
Die munisipaliteit kan weens kontantvloeiprobleme nie die kantoor opknap nie. Foto verskaf

“Ons het die lisensiedienste na die ou kliniek in die dorp geskuif terwyl ons oplossings probeer vind.”

Die Ditsobotla-munisipaliteit op Lichtenburg kan nie ná verlede week se swaar reën die skade aan die lisensiekantoor herstel nie.

Luidens berigte het die plafon van ’n amptenaar se kantoor ’n jaar gelede ineengestort. Verlede week is dié kantoor gedwing om te sluit nadat nog ’n gedeelte van die dakstruktuur ineengestort het. Dis weens ’n gebrek aan instandhouding en ’ n swak dakstruktuur, sê Agust Schnepel, DA-raadslid.

‘Die munisipaliteit het finansiële probleme’

Schnepel sê hulle het aan die munisipaliteit geskryf en versoek dat tussentydse maatreëls getref word nadat werkers weier om aan die gebou te werk omdat dit onveilig is vir hulle en die publiek is.

Maar Puis Batsile, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit kan weens kontantvloeiprobleme nie die kantoor opknap nie. “(Ons) het finansiële probleme en ons het die lisensiedienste na die ou kliniek in die dorp geskuif terwyl ons oplossings probeer vind.”

Nog ’n gedeelte van die dakstruktuur het ineengestort. Foto verskaf

OFM Nuus verneem niemand is in die voorval beseer nie. 

Volgens Schnepel moet die munisipaliteit verseker dat toerusting en vertroulike dokumentasie veilig bewaar word, met verwysing na sekuriteit wat deurgans vereis word.

“Ons vra dat ’n volledige inspeksie uitgevoer moet word om alle groot risiko’s in die gebou te identifiseer en dat voldoende herstelwerk gemagtig word om die geriewe in ooreenstemming te bring met beroepsgesondheid- en veiligheidsregulasies.”  

OFM News/Joba Matsheng cg/dg/mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.