Central SA
Polisie vra hulp in soektog na voortvlugtige van Kroonstad─── 09:03 Sat, 03 Feb 2024
“ ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is deur die Kroonstad-landdroshof uitgereik ná sy ontsnapping uit wettige aanhouding.”
In die soektog wat nou al een jaar duur, vra die Vrystaatse polisie se eenheid teen ernstige geweldsmisdade die publiek se hulp om ’n man op te spoor wat in Februarie verlede jaar uit wettige aanhouding in die Vrystaat ontsnap het.
In ’n polisiemediaverklaring word bevestig dat Sello Cedric Pinkoane (50) op 15 Februarie 2023 uit aanhouding ontsnap het en sedertdien nog nie gevind is nie.

Hy is op Kroonstad in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en diefstal in Sandton. Die verklaring het bevestig dat ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming deur die Kroonstad-landdroshof uitgereik is weens onder meer die ontsnapping uit wettige aanhouding.
Luitenant-kolonel James Mahlatsi, wat die ondersoekbeampte is, doen ’n beroep op die publiek om na vore te kom met enige inligting wat die polisie kan help om hierdie beskuldigde op te spoor.
Kontak die ondersoekbeampte by 073-453-8990, besoek jou plaaslike polisiekantoor, of bel Stop Misdaad by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook via die MySAPS-app op jou slimfoon gestuur word.
OFM Nuus cg
