On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Beweerde bedrog by Noord-Kaapse Krieketunie: Saak uitgestel

───   ZENANDE MPAME 10:57 Sat, 03 Feb 2024

Beweerde bedrog by Noord-Kaapse Krieketunie: Saak uitgestel | News Article
JP van Niekerk. Foto: Facebook/Northern Cape Cricket

“Die krieketunie het 'n finansiële verlies van meer as R400 000, plus rente, weens sy optrede gely.”

Die saak teen die voormalige finansiële bestuurder van die Noord-Kaapse Krieketunie is tot Woensdag 13 Maart in Kimberley uitgestel. Die 25-jarige beskuldigde word van bedrog, alternatiewelik diefstal, aangekla.

Jean Pierre van Niekerk is op borgtog van R5 000 vrygelaat toe hy op Vrydag 19 Januarie ’n tweede verskyning in die Kimberley-hof vir ernstige handelsmisdaad gemaak het.

“Van Niekerk het die eerste keer in Desember in die hof verskyn nadat hy deur die Valke in hegtenis geneem is vir bedrog, alternatiewelik diefstal,” het Nomthandazo Mnisi, Noord-Kaapse Valke-woordvoerder, gesê.


Van Niekerk was in diens van die Noord-Kaapse Krieketunie as finansiële bestuurder tussen Julie 2022 en Maart 2023. Hy het na bewering fondse wat aan die werkgewer behoort, wanbestee.

Hy het glo geld wat vir diensverskaffers bedoel was, in sy persoonlike bankrekening inbetaal. Die krieketunie het 'n finansiële verlies van meer as R400 000, plus rente, weens sy optrede gely.

OFM Nuus cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.