Central SA
Ds. Liezel: Vermeende vrouemoordenaar se borgtogaansoek gaan voort─── KAREN VAN DER BERG 09:14 Tue, 06 Feb 2024
“Nog twee aanklagte van moord word by sy klagstaat gevoeg.”
Werner de Jager (45), die moordbeskuldigde wat teregstaan op aanklagte van moord met voorbedagte rade weens die moord op sy vrou, ds. Liezel de Jager, se borgtogaansoek gaan Dinsdag in die landdroshof op Amanzimtoti voort.
Dit het Maandag in sy borgtogaansoek aan die lig gekom dat nog twee aanklagte van moord by sy klagstaat gevoeg gaan word, het Ian Cameron van Action Society, gesê. Daar is ook twee sake van bedrog teen hom.

Werner de Jager (45), die moordbeskuldigde, daag by die landdroshof op. Foto: X-skermgreep
Die bykomende aanklagte van moord volg ná ’n noodlottige ongeluk verlede jaar op die N1 naby die Koppies-afrit in die Vrystaat. Netwerk24 berig hy sou aanvanklik van strafbare manslag aangekla word.
Volgens News24 het Werner planne bespreek om sy eie lewe te neem terwyl hy agter tralies is, het die Amanzimtoti-landdroshof Maandag gehoor.
Werner de Jager does not deserve bail; he deserves nothing less than life in prison. Not only did he take Liezel's life, he has inflicted immense pain on her family, her young daughters, her community and everyone who was fortunate to know her.
— Ian Cameron (@IanCameron23) February 5, 2024
NO BAIL for Werner!… pic.twitter.com/xxIIBnKlhW
Die huidige borgaansoek hou verband met die moord op sy vrou, Liezel, wat in Oktober 2021 vermoor is in die oprit van die pastorie op Amanzimtoti in KwaZulu-Natal.
Sy is in hul oprit dood nadat sy op 13 Oktober van ’n gereelde drafsessie teruggekeer het. Luidens die staat het De Jager haar na bewering verwurg voordat hy haar keel afgesny het.
Daar word beweer die verhouding tussen die twee het verbrokkel en dat hy Liezel vermoor het om meer as R3,29 miljoen se lewensversekering te eis wat hy twee maande voor haar dood in haar naam uitgeneem het.
Die borgtogaansoek duur voort.
OFM Nuus/Karen van der Berg cg
