On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Klerksdorp-arbeidsentrum bied beperkte dienste

───   14:20 Tue, 06 Feb 2024

Klerksdorp-arbeidsentrum bied beperkte dienste | News Article
Foto: Unsplash/Evan Wise

“Weens ’n gebarste waterpyp word die strukturele integriteit van die gebou as ’n risiko vir amptenare en lede van die publiek beskou.”

Die Klerksdorp-gebaseerde entrum van die Departement van Arbeid in Noordwes bied slegs beperkte dienste aan ná die uitreiking van die verbod- en oortredingskennisgewings aan die PC Pelser-gebou, waar hul kantoor geleë is.

Volgens Botsang Huma, kommunikasiebeampte van die departement, is dit as gevolg van ’n gebarste waterpyp in die gebou wat daartoe gelei het dat strukturele integriteit van die gebou bevraagteken is en as ’n risiko vir amptenare en lede van die publiek beskou word.

Die sentrum bedien lede van die publiek van Matlosana en nabygeleë dorpe, soos Ottosdal, Wolmaransstad en Leeudoringstad.

Huma sê die departement pleit by kliënte om geduldig te wees aangesien ander reëlings getref word om te verseker dat alle dienste gelewer sal word terwyl die saak aandag kry.

Sphetho Siyengo, provinsiale operasionele hoofdirekteur, sê die situasie het dienslewering by die sentrum negatief beïnvloed, omdat die gebou nie toeganklik is nie en dit moeilik is om al die dienste te lewer.

Huma sê kliënte word aangemoedig om ander sentrums soos Potchefstroom en Lichtenburg te besoek of die aanlyn dienste vir selfhelpplatforms te gebruik.

“Die departement en al die belanghebbendes doen alles moontlik om te verseker dat die saak vinnig opgelos word sodat die situasie na normaal kan terugkeer.”  

Busse word beskikbaar gestel om dienste aan kliënte te verskaf, maar Siyengo sê dit is onvoldoende aangesien van die dienste slegs by die sentrum beskikbaar is.

OFM Nuus/Joba Matsheng cg/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.