On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Een persoon dood in trompop botsing by Upington

───   KAREN VAN DER BERG 08:22 Thu, 08 Feb 2024

Een persoon dood in trompop botsing by Upington | News Article
Die ongeluk tussen ’n vragmotor en ’n Toyota Fortuner het laat Woensdag buite Upington plaasgevind. Foto verskaf

“Die bestuurder van die Fortuner is op die toneel dood verklaar deur nooddienswerkers.”

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ’n trompop botsing waarin een persoon laat Woensdag (7/2) buite Upington dood is.

Die ongeluk tussen ’n vragmotor en ’n Toyota Fortuner het Woensdag laat buite Upington plaasgevind. Foto verskaf

Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het op die N14 buite Upington op die Olifantshoek-pad gebeur. Die botsing was tussen ’n vragmotor en ’n Toyota Fortuner.

“Die bestuurder van die Fortuner is op die toneel dood verklaar deur nooddienswerkers.” Die naam van die oorledene is nog nie bekend gemaak nie. Die polisie ondersoek die voorval.

OFM Nuus/Karen van der Berg cg/mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.