On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Amptenaar van Matlosana-munisipaliteit steur haar min aan korrupsiesaak

───   13:44 Thu, 08 Feb 2024

Amptenaar van Matlosana-munisipaliteit steur haar min aan korrupsiesaak   | News Article
Mercy Phetla. Foto verskaf

Die munisipaliteit doen ’n beroep op die gemeenskap om kalm te bly.

Ontsteltenis heers in die Matlosana-munisipaliteit in Klerksdorp omdat die hoof- finansiële beampte ongeërg daagliks werk toe kom midde-in haar korrupsiesaak. Die Valke het Mercy Phetla die afgelope maand in hegtenis geneem saam met twee werknemers van GMHM Construction and Projects. Hul saak is tot 1 Maart uitgestel.

Samwu eis haar skorsing sodat die ondersoeke na haar optrede vlot kan verloop, sê Vincent Diphoko, die munisipale vakbond se Noordwes-sekretaris. Haar teenwoordigheid by die werk tydens die ondersoeke is nie in die belang van geregtigheid nie.

‘Sy het glo ’n voertuig van R1,4 miljoen ontvang’

Phetla, wat uit is op borgtog van R35 000, het glo ’n voertuig van R1,4 miljoen van GMHM Construction and Projects ontvang. Amogelang Malwetswe, Noordwes-Valkewoordvoerder, sê hulle kan nie kommentaar oor die saak lewer nie omdat haar teenwoordigheid by die werk ’n saak tussen die werkgewer en die werknemer is.

Die munisipaliteit doen ’n beroep op die gemeenskap om kalm te bly en die wetstoepassingsagentskappe toe te laat om die saak te hanteer.

Maar Phetla moet in die volgende raadsvergadering bewys lewer dat sy die voertuig gekoop het, en indien nie, moet die munisipaliteit streng optree, sê Papiki Babuile, EFF-sekretaris in Noordwes.

OFM Nuus/Joba Matsheng

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.