On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Pulane
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Bewyse van verblyf glo steeds by Vrystaatse munisipaliteit verkoop

───   09:42 Mon, 12 Feb 2024

Bewyse van verblyf glo steeds by Vrystaatse munisipaliteit verkoop  | News Article
Gefrustreerde inwoners het die saak by die munisipale amptenare aangemeld.

“Ons ontvang inderdaad klagtes van inwoners wat beweer dat hulle gevra word om te betaal om ’n bewys van verblyf te kry.”

Inwoners van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit in die Oos-Vrystaat is geskok dat hulle steeds bewyse van verblyf moet koop.

Gefrustreerde inwoners het dit aan die plaaslike munisipaliteit gerapporteer en die saak by die munisipale amptenare aangemeld, wat belowe het om die oortreders aan die kaak te stel. Komitee- en raadslede word deur inwoners beskuldig. 

Sowat ’n maand gelede het Mandlenkosi Dlamini, speaker, aan OFM Nuus bevestig dat hulle inderdaad klagtes van inwoners ontvang wat beweer dat hulle gevra word om te betaal om ’n bewys van verblyf te kry.

‘Koppe sal rol as dit werklik gebeur’

’n Bewys van verblyf is ’n dokument wat bewys dat jy by die adres woon waar jy jou pos ontvang. Finansiële instansies vereis gewoonlik dié dokument wanneer ’n mens transaksies wil doen of vir ’n rekening wil aansoek doen. 

Dlamini sê sy kantoor het die regspan versoek om die saak te ondersoek en dat koppe sal rol as dit werklik gebeur. 

Boonop het rdl. Alison Oates, DA-leier in Maluti-a-Phofung, dit as ’n kriminele daad beskryf. Sy pleit by inwoners om steeds die misdadigers by die party aan te meld sodat dit aan die kaak gestel kan word.

OFM Nuus/Tumelo Khotha cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.