On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Nog ’n Vrystaatse myn kan sluit

───   KEKELETSO MOSEBETSI 15:28 Mon, 12 Feb 2024

Nog ’n Vrystaatse myn kan sluit | News Article
Foto: Facebook

“Die myn het na bewering 500 werkers in 2022 en 2023 afgelê.”

Meer as 100 Vrystaatse mynwerkers kan eersdaags hul werk verloor.

Die Koffiefontein-diamantmyn in die Suid-Vrystaat is op die punt om sy bedrywighede te staak, sê Nomsa Marchesi, Rise Mzansi-sameroeper in die Vrystaat. 

Hulle het onlangs verneem ’n diamantmyn wat op ’n plattelandse dorp geleë is, kan moontlik 150 werkers ontslaan. Die myn het glo in die voorafgaande twee jaar amper 500 werkers afgedank.

Die ingang na Koffiefontein. Foto: OFM Nuus

“In 2022 is ons meegedeel dat die Koffiefontein-myn 150 werkers afgelê het en in 2023 het hulle toe weer voortgegaan om 300 werkers af te lê. Eweneens word beweer dat hierdie myn sy maatskaplike verantwoordelikhede versuim het, insluitend projekte wat daarop gemik is om die dorp Koffiefontein te ontwikkel. 

“Ons is meegedeel dat hierdie vertraagde projekte se waarde R29,6 miljoen beloop en nog nooit deur die myn uitgevoer is nie.”

Marchesi sê die projek het ’n breker-aanleg van R10 miljoen en baksteenfabriek ingesluit wat van 2017 tot 2022 in werking gestel moes gewees het. ’n Ander projek, wat na raming R19,6 miljoen beloop het, het nie deur die proses van konsultasie met inwoners van Koffiefontein gegaan nie. Die projek was veronderstel om van 2022 tot 2026 te duur.

Die myn het onlangs ’n nie-bindende ooreenkoms met ’n belanghebbende party onderteken. Foto: Facebook

Die Petra-diamantmynmaatskappy wys in sy antwoord op navrae hy het slegs 85 werkers in 2022 afgelê weens voortdurende finansiële verliese wat die myn gely het aangesien dit in November 2022 onder sorg en instandhouding geplaas is. 

Altesaam 394 oorblywende werknemers is ook geraak, maar 81 individue is daarna heraangestel op korttermynkontrakte vir sorg- en instandhoudingsaktiwiteite.

Die myn sê hy het onlangs belangstelling in die moontlike verkoop ontvang en hulle het ’n nie-bindende ooreenkoms met ’n belanghebbende party onderteken. As die verkoop deur die mat val, sal hy voortgaan met sy aftakeling, rehabilitasie- en sluitingsprogram vir KDM, in ooreenstemming met die sluitingsplan wat beplan word om vandeesweek ingedien te word en hangende die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie se goedkeuring.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cg/dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.