On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

Central SA

Groot ongeluk in Kimberley voorspel

───   15:36 Mon, 12 Feb 2024

Groot ongeluk in Kimberley voorspel | News Article
Groot ongeluk voorspel in Kimberley. Foto: Peter Holmes. Pexels

“Ek sê dit versigtig, want ek hou van ordelikheid.”

’n Sogenaamde profeet voorspel ’n massiewe ongeluk van tien motors en twee vragmotors gaan Donderdag (15/2) in Kimberley plaasvind.

’n Video van profeet Sydwell doen die rondte in Kimberley waarin hy profeteer van ’n reuse-ongeluk in die Diamantstad. Daarin noem hy 12 voertuie sal in die ongeluk betrokke wees en dat dit op ’n nasionale pad in die stad sal gebeur.

Hy sê in sy visioen was daar ’n gehuil van mense vir hul geliefdes, maar hy is versoek om te bid sodat daar nie enige ongevalle in die ongeluk sal wees nie.

Profeet Sydwell voorspel ’n groot ongeluk Donderdag in Kimberley. Foto: Skermgreep

Die “profeet” noem sedert die 1990’s voer mense rituele in die heuwels om die stad uit en bring hulle offers. Volgens hom is dit die rede waarom die stad aan demone oorgegee is, wat dit beheer. Hy versoek mense om ook teen hierdie gees van duisternis in Kimberley te bid dat hierdie dinge kan ophou.

Hy sê ook dat gebid is om die dood van mense in daardie ongeluk te voorkom. Hy beweer dat die ongeluk sal gebeur, maar danksy gebed sal niemand daarin omkom nie.

Keeme Mongale, ’n pastoor in een van die bedieninge in Kimberley, neem die video met ’n knippie sout. “Eisj! Sodra iemand sê: ‘So sê die Here,’ is dit verseël en is daar geen plek vir regstelling of om die profesie te oordeel nie. Hy moes na Kimberley afgekom het en stadsleraars bymekaargemaak het en hulle op die opdrag betrek het in plaas van TikTok-toertjie.  Ek sê dit versigtig, want ek hou van ordelikheid.”

‘Is Kimberley dan so goddeloos’ 

Mongale wil weet of Kimberley dan so goddeloos is vergeleke met ander stede. “Daar moet nog gesien word of hierdie voorspellings Donderdag sal gebeur.”

Profeet Semunza van die Wil van God Bediening sê: “Dit is nie valse profesie nie, maar dit is ’n swak profetiese woord. Daar is ’n paar waarhede in wat hy sê, maar nie alles is waar nie.”

OFM Nuus/James Williams dg


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.