On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek-organisasie wil vier Guinness-wêreldrekords verbeter

───   ZENANDE MPAME 11:01 Tue, 13 Feb 2024

Vaaldriehoek-organisasie wil vier Guinness-wêreldrekords verbeter | News Article
Die Vaaldriehoek wil ’n 35 km lange serp maak. Foto: Golden Triangle Chamber of Commerce/Facebook.

“Landwyd is daar reeds mense wat ywerig hekel, maar nog baie meer is nodig.”

’n Organisasie op Vanderbijlpark wil Saterdag 16 Maart vier Guinness-wêreldrekords by die Emerald Resort and Casino verbeter. Hulle wil ’n serp van 35 km hekel die grootste kospotjie berei en duisend snye brood gelyktydig gebotter en duisend brode op een slag sny wat soos ’n bunny chow saam met die potjie voorgesit sal word.

Die Goue Driehoek Kamer van Koophandel wil ’n 35 km lange serp maak wat Afrika omring deur oseane uitbeeld, Dit sal bestaan uit 35 000 afsonderlike serpe van 100 x 20 cm elk.

“Ons kort nog baie mense wat kan hekel om ons te help om die 35 000 serpe te maak, maar as jy nie kan naaldwerk doen of hekel nie, het ons hulp nodig om die serpe te etiketteer,” sê Alice de Jager van die sakekamer.

Verlede jaar het die organisasie 8 952 vierkante meter komberse gebrei. Foto: Golden Triangle Chamber of Commerce/Facebook

“Op die oomblik deel ons blou wol uit, want daar is baie see in die prentjie, die wol word in Suid-Afrika verskeep. Die enigste vereiste is hierdie serpe moet gehekel word.”

Vaalweekblad berig mense wat hul serpe voltooi, sal ’n komplimentêre kaartjie na die Emerald Casino se geleenthede vir die dag kry. Dit sluit toegang in na die Rocking the Vaal-vertoning met Tarryn Lamb, Refentse, Jo Black en Samantha Leonard, Dit sluit ook in bunny chow van R50.

‘Rekord word gehou van waar die serpe vandaan kom’

Die serpe sal slegs ter wille van meting en foto’s bymekaargehou word; daarna sal hulle geskei word en aan hul onderskeie kerke en organisasies terugbesorg word om aan die minderbevoorregtes uit te deel. “Daar sal noukeurig rekord gehou word van waar die serpe vandaan kom.”

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.