On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley-kunstenaar na Duitsland genooi

───   11:58 Tue, 13 Feb 2024

Kimberley-kunstenaar na Duitsland genooi | News Article
Junior Oliphant het ook verlede jaar van sy kunswerke in Londen uitgestal. Foto verskaf

“Om werk in die buiteland te deel het groot geleenthede geskep om die Suid-Afrikaanse erfenis te deel.”

’n Jong kunstenaar van Kimberley sal die kompleksiteit en stryd van die Kleurling-identiteit – en die kultuurryke Khoi- en San-gemeenskap – ten toon stel wanneer hy sy werk in Maart na Duitsland neem. 

Junior Oliphant (27), ’n kunstenaar van Roodepan naby Kimberley, is deur die Galeria Azur – ’n wêreldgalery wat spesialiseer in moderne en kontemporêre kuns – na Berlyn genooi om volgende maand aan ’n kunsuitstalling deel te neem.

Junior Oliphant sê sy skilderye verteenwoordig ’n kulturele identiteit. Foto verskaf

Die kunstenaar het ook verlede jaar van sy kunswerke in Londen uitgestal. Hy sê om sy werk in die buiteland te deel het groot geleenthede geskep om die Suid-Afrikaanse erfenis te deel.

Oliphant het kuns in 2018 professioneel begin beoefen en sê sy skilderye verteenwoordig ’n kulturele identiteit. Oliphant sê sy blootstelling aan uiteenlopende kuns in Londen het hom gemotiveer om sy kuns te gebruik om stories van die Kleurling-, Khoi- en Sangemeenskap te vertel.

Die Berlynse uitstalling se tema is “To Enhance the Cultural Diversity”. Foto verskaf

“Deur navorsing te doen, het ek gesien wat in ons plaaslike gemeenskappe gebeur en dit is iets wat ek wil verander en probeer om gemeenskappe te verenig, om mense te probeer opvoed oor waar hulle vandaan kom. 

“So met my persoonlik as kunstenaar wil ek 'n kulturele identiteit verken en wil ek graag glo dat Khoisan my voorouers is. Deur te verken waar ek vandaan kom, wil ek dit graag in my werk inkorporeer.”

Oliphant sê sy werke, The Messiah Complex en Children of The San, is perfek vir die Berlynse uitstalling, met die tema “To Enhance the Cultural Diversity”.

Oliphant sê sy werke, The Messiah Complex en Children of The San is perfek vir die Berlynse uitstalling. Foto verskaf

 Die uitstalling sal na verwagting van Maart tot April plaasvind.  Oliphant sê dit sal vir hom 'n wonderlike geleentheid wees om die stories van sy Khoi- en San-voorvaders te vertel.

Die uitstalling sal na verwagting van Maart tot April plaasvind. Oliphant sê dit sal vir hom 'n wonderlike geleentheid wees om die stories van sy Khoi- en San-voorvaders te vertel.

OFM Nuus/James Williams cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.