On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende handelaar in Kimberley aangekeer met dwelms van R88 000

───   14:25 Tue, 13 Feb 2024

Vermeende handelaar in Kimberley aangekeer met dwelms van R88 000  | News Article
Die polisie het beslag gelê op dwelms en kontant. Foto: SAPD

Die polisie het die perseel deursoek en dwelms met 'n geraamde straatwaarde van R88 500 gevind.

 ’n 38-jarige buitelander is in Kimberley in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat die polisie ’n sakeperseel deursoek en dwelms met ’n straatwaarde van meer as R88 000 gevind het.

Timothy Sam, polisiewoordvoerder, sê die verdagte is op 8 Februarie deur 'n gesamentlike span bestaande uit die SAPD, SANW en Departement van Binnelandse Sake in hegtenis geneem wat besig was om operasies uit te voer om onwettige mynbou te bekamp.

’n Vermeende dwelmhandelaar is in Kimberley in hegtenis geneem.  Foto: SAPD

“Die polisie het inligting van nie-nakoming by 'n sakeperseel opgevolg.  Die lede het 'n nakomingsinspeksie by die sakeperseel gedoen en die onwettige besigheidsaktiwiteite bevestig.  Die polisie het die perseel deursoek en vermoedelike dwelms met 'n geraamde straatwaarde van R88 500 gevind, insluitend tik, kat en dagga, asook kontant wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is,” sê Sam.

 Hy sê die verdagte sal van die handel in dwelms aangekla word en binnekort in die Kimberley-landdroshof verskyn.

Die polisie het op verskeie dwelms beslag gelê. Foto: SAPD

Koliswa Otola, Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, sê die samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe en die publiek het baie gehelp in die stryd om dwelms uit die samelewing te verwyder.

OFM Nuus/James Williams dg



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.