Central SA
Egpaar dood gevind in ouetehuis in Kroonstad─── ZENANDE MPAME 15:13 Tue, 13 Feb 2024
“Geen misdaad word vermoed nie.”
Die polisie in Kroonstad het Maandag (12/2) met ’n geregtelike doodsondersoek en moordsaak begin nadat ’n egpaar met skietwonde in hul ouetehuis gevind is. ’n Vuurwapen is langs die man gevind.
Die bure het die opsigter gebel omdat Pat (68) en Kobus (69) van Tonder nie die oggend op hul oproepe gereageer nie. Die egpaar se liggame is toe met skietwonde ontdek.
“Ons kan bevestig dat ’n egpaar Maandag (12/2) dood in hul ouetehuis gevind is,” sê Sinah Mpakane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die Van Tonder-egpaar is dood in hul ouetehuis gevind. Foto: Pat van Tonder/Facebook
“Geen misdaad word vermoed nie,” sê Mpakane.
Netwerk24 berig die bestuurders van die ouetehuis is in Mauritius en hoop om die eerste vlug terug na Suid-Afrika te haal. Inwoners beskryf die egpaar as behulpsaam. Hulle sê dit is hartseer, want die egpaar was deel van die Jordania-familie.
