On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Radio steeds ’n groot gunsteling vir miljoene en miljoene mense

───   KAREN VAN DER BERG 08:14 Wed, 14 Feb 2024

Radio steeds ’n groot gunsteling vir miljoene en miljoene mense | News Article
Prof. Johannes Froneman, mediakenner. Foto: Facebook

“Radio is steeds een ding wat nie al jou tyd opeis nie.”

In ’n wêreld waarin mense se sintuie heeltemal oorlaai word deur ’n ooraanbod van inligting, bly radio ’n medium waar luisteraars se sintuie nie oorlaai word nie. Ondanks die TV en digitale media se aanspraak op mense se tyd bly radio uiters gewild en gebruik meer mense steeds die radio as enige ander massamedium.

So sê prof. Johannes Froneman, mediakenner en emeritusprofessor in joernalistiek. Wêreldradiodag is Dinsdag (13/2) gevier nadat dit in 2011 deur Unesco ingestel is om die medium jaarliks op 13 Februarie te herdenk.

“Radio se gewildheid lê daarin dat hy steeds ’n baie groot behoefte vervul. Die behoefte aan musiek, nuus en sommer net geselskap wat dit aan miljoene en miljoene mense bring,” sê hy. Daarom glo hy sal dit beslis ook voortbestaan.

Radio vervul ’n groot behoefte in miljoene mense se lewe. Foto: Getty Images

“’n Mens moet ook in gedagte hou dat, hoewel daar baie ander media op die toneel verskyn het, is radio steeds een ding wat nie al jou tyd opeis nie. Jou oë hoef nie te kyk nie en jou hande hoef nie op te hou met waarmee dit besig is nie. Daarom luister so baie mense na die radio by die werk.”

Froneman sê radio sal gewild bly solank as wat hy daardie dinge vir mense gee wat hulle graag wil hê.

“Ek dink dat wanneer ons Radiodag vier, kan ons regtig terug kyk na amper 100 jaar van radio in Suid-Afrika. Dit het soveel gegroei, daar is soveel meer stasies en meer programme. Desondanks al die nuwe mededingende media het radio beslis sy plek behou. En ek wil amper sê, selfs meer gewild geword.”

‘Daar is nog baie ongeletterdheid in ons land’

Hy sê radio is vir baie mense steeds hulle enigste bron van nuus omdat hulle nie kan lees nie. “Daar is nog baie ongeletterdheid in ons land. Daarom is dit so uiters belangrik dat radio by hulle uitkom.” Gedrukte en sosiale media kos geld en radio is veel goedkoper en meer toeganklik.

“Die jongste syfers wys daar is net soveel mense wat radio luister as wat daar mense is wat geregistreer is om in die volgende verkiesing te stem.”

OFM Nuus/Karen van der Berg dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.