On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Kinderpornografie: Beskuldigde in De Aar tot agt jaar gevonnis

───   12:43 Thu, 15 Feb 2024

Kinderpornografie: Beskuldigde in De Aar tot agt jaar gevonnis | News Article
Foto: ANA Argief

“Altesaam 773 pornografiese beeldmateriaal van kinders is op die toestelle gevind.”

Koliswa Otola, Noord-Kaap provinsiale kommissaris, en haar bestuurspan, verwelkom die vonnis van agt jaar wat John Henry Meiring (45) Woensdag (14/2) in die De Aar-streekhof opgelê is. 

Marli Strydom is geloof vir haar meedoënlose pogings  wat gelei het tot die inhegtenisnaming van die beskuldigde op 22 Februarie 2022, asook vir die skuldigbevinding en vonnisoplegging.

Die SAPD se reeks- en elektroniese misdaadondersoeke (SECI), ’n spesialiseenheid in gesinsgeweld, Kinderbeskerming en seksuele misdrywe in die Noord-Kaap, het vasgestel dat die beskuldigde in besit van pornografiese beeldmateriaal van kinders was.

‘773 pornografiese beeldmateriaal van kinders is gevind’

Daar is beslag gelê op die beskuldigde se selfoon en hardeskywe vir ondersoekdoeleindes. In die ontleding hiervan is 773 pornografiese prente van kinders op die toestelle gevind. 

Die Noord-Kaapse polisie beklemtoon misdade teen vroue, kinders en kwesbare persone bly vir hulle ’n topprioriteit.

OFM Nuus cg/dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.