On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

2 verdagtes in Vereeniging hof ná moord op man van Pretoria

───   ZENANDE MPAME 13:32 Thu, 15 Feb 2024

2 verdagtes in Vereeniging hof ná moord op man van Pretoria | News Article
Riaan van Lingen se liggaam is met skietwonde gevind. Foto: Facebook

“Hulle staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering en kaping.”

Die twee mans wat weens die moord op ’n 61-jarige man in hegtenis geneem is, verskyn Donderdag (15/2) in die Vereeniging-landdroshof op aanklagte van moord, ontvoering en kaping.

Riaan van Lingen is Maandag (12/2) as vermis aangemeld nadat hy sy huis verlaat het vir 'n vergadering in Olifantsfontein aan die Oos-Rand. Van Lingen is Maandag om 17:00 laas in Moreletapark in Pretoria gesien.

“Die polisie het een verdagte gearresteer wat hulle Dinsdag (13/2) na die tweede verdagte in Tembisa gelei het waar ’n vuurwapen met ammunisie, glimbaadjies en ’n pet van die polisie gevind is,” sê Dimakatso Nevhuhulwi, Gautengse polisiewoordvoerder.

'Veiligheidsmaatskappye het gehelp om na hom te soek'

“Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit ook met ander misdade verbind kan word.” Daar is dadelik met ’n soektog begin toe die opsporingstelsel van sy wit Ford Ranger afgeskakel is. 

Private veiligheidsmaatskappye het gehelp om na Van Lingen te soek. Sy liggaam is Dinsdag in Vereeniging met skietwonde gevind. Vaalweekblad berig ’n groot bedrag geld is uit sy bankrekening onttrek.

‘Onttrekking kon nog nie bevestig word nie’

’Ek kan ongelukkig niks bevestig oor die geld wat uit die slagoffer se rekening geneem is nie,” sê Nevhuhulwi.

OFM News/Zenande Mpame dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.