On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende moordverdagtes verskyn in Vereeniging-hof

───   ZENANDE MPAME 10:24 Fri, 16 Feb 2024

Vermeende moordverdagtes verskyn in Vereeniging-hof | News Article
Riaan van Lingen se liggaam is in Vereeniging gevind. Foto: Facebook

“Hulle staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering en roof met verswarende omstandighede.”

Twee beskuldigdes het Donderdag (15/2) in die Vereeniging-streekshof verskyn ná die moord op ’n Pretoria-sakeman. Sy liggaam is Dinsdag (12/2) met skietwonde in Vereeniging gevind. Die saak is tot Dinsdag (20/2) uitgestel.

’n Bedrag van R500 000 is van Riaan van Lingen (61) se rekening na ’n onbekende rekening oorgeplaas. Later daardie dag is ’n bykomende R200 000 en R250 000 weer na ’n motorhandelaar oorgeplaas.

“Later die aand is Van Lingen se kaart gebruik om drank ter waarde van R2 000 by ’n taverne in Thembisa te koop. Hierdie laaste transaksie kan met die twee verdagtes verbind word,” sê Lumka Mahanjana, NVG-streekswoordvoerder.

‘Sy bakkie is saam met twee ander uitgebrande motors gevind’

“Sy Ford Ranger-bakkie is saam met twee ander uitgebrande voertuie op ’n kleinhoewe in De Deur gevind. Die NVG gaan hul borgtog teenstaan.”

Skhumbuza Dlamini (32), wat onwettig van Swaziland in die land is, en Sizwe Nkosi (30) staan tereg op aanklagte van die besit van ’n onwettige vuurwapen en die besit van onwettige ammunisie. Dlamini staan tereg op ’n bykomende klag dat hy onwettig in die land is.

Van Lingen is Maandag (12/2) as vermis aangemeld nadat hy sy huis verlaat het vir ’n vergadering in Olifantsfontein aan die Oos-Rand. Hy is Maandag om 17:00 laas in Moreletapark in Pretoria gesien. Die opsporingstoestel van sy wit Ford Ranger-dubbelkajuit was afgeskakel.

Dié glimbaadjies van die polisie is in die verdagte se besit gevind. Foto: SAPD

“Dlamini en Nkosi is Dinsdag (13/2), ure nadat Van Lingen se liggaaam ontdek is, in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op ’n vuurwapen, ammunisie, glimbaadjies en ’n pet van die polisie,” sê Mahanjana.

“Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit met enige ander misdade verbind kan word.”

OFM News/Zenande Mpame cg/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.