On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vrou in hof ná diefstal by Vrystaatse munisipaliteit

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:42 Fri, 16 Feb 2024

Vrou in hof ná diefstal by Vrystaatse munisipaliteit | News Article
Photo: OFM

Die geld is oorgeplaas na ’n bankrekening wat deur ’n fiktiewe diensverskaffer verskaf is.

’n Vrou wat ’n Vrystaatse munisipaliteit bedrieg het nadat sy as ’n valse diensverskaffer betalings aangevra het, verskyn Vrydag (16/2) in die landdroshof in Ladybrand op aanklagte van bedrog, vervalsing en geldwassery.

Die 44-jarige vrou het na bewering in Desember 2020 betalings van die Mantsopa-munisipaliteit ontvang nadat sy fakture as diensverskaffer aan die munisipaliteit gestuur het. Die begrotingsbestuurder het ’n e-pos ontvang van Project Pioneer Construction met ’n faktuur van byna R226 000 wat aan hulle verskuldig is.

Hy het toestemming van die finansiële hoof gevra om betalings te maak omdat daar uitstaande bedrae aan diensverskaffers verskuldig is, sê Christopher Singo, Valkewoordvoerder. Die geld is oorgeplaas na ’n bankrekening wat deur ’n fiktiewe diensverskaffer verskaf is.

‘Diensverskaffer besef dit is nie hul bankbesonderhede nie’

’n Paar dae later het die wettige diensverskaffer die munisipaliteit genader en die uitstaande betaling aangevra. Singo sê die begrotingsbestuurder het die betalingsbewys aan die diensverskaffer gestuur wat besef het dit is nie hul bankbesonderhede nie. Daar is ook navraag gedoen oor die e-pos wat deur die fiktiewe diensverskaffer aan die munisipaliteit gestuur is.

Die munisipaliteit het by die bank bevestig dat geld aan die verdagte betaal is. Hy sê die saak is by die Valke aangemeld en ’n lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik.

Sy is Woensdag (14/2) in Pretoria in hegtenis geneem en haar naam was ook op die  lys van gesoekte verdagtes. 

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.