On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Bewaringsbevel toegestaan teen Noord-Kaapse finansiële beampte

───   12:28 Sat, 17 Feb 2024

Bewaringsbevel toegestaan teen Noord-Kaapse finansiële beampte | News Article

"Slingers kon geen bewyse of ’n redelike verduideliking van die kontant in sy besit gee nie,"

Die hooggeregshof het ’n bewaringsbevel toegestaan aan die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid in Kimberley in die Noord-Kaap, teen die department van paaie en openbare werke se hoof-finansiële beampte, Bradley Slingers (53).

Die bewaringsbevel volg ’n gesamentlike ondersoek tussen dié eenheid en die polisie se prioriteitsmisdaadeenheid in Kimberley, nadat R679,000 se kontant gevind is in Slingers se BMW 6-reeks voertuig tydens ’n padblokkade in November 2023.

Tydens die roetine-soektog deur lede van die polisiediens is ’n sak met kontant in die kattebak gevind. Slingers het aan die polisie verduidelik dat die kontant sy eiendom was waarmee hy sy werknemers sou betaal. ’n Verdere drie sakke vol kontant is ook gevind binne die motor en onder die bestuurdersitplek. Slingers kon geen bewyse of ’n redelike verduideliking van die kontant in sy besit gee nie, waarna die polisie die kontant in beslag geneem het, en ’n dossier vir ondersoek geopen het. 

Slingers is tans op tydelike skorsings hangende die uitslag van die ondersoek. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.