Central SA
Tjokkies Laerskool: Die regte keuse vir ouers!─── 11:08 Mon, 19 Feb 2024
Sponsored11:08 Mon, 19 Feb 2024
In 'n samelewing waar ouers met 'n oorvloed van keuses gekonfronteer word, is dit van kardinale belang om die regte besluite te neem vir die welstand van ons kinders.
Primêre Skool Universitas (Tjokkies), geleë in Bloemfontein, bied 'n unieke en uitstekende opvoedkundige omgewing vir jou kind.
OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het met Tjokkies se Janah Posthumus gesels:
Ken jou kind!
Die keuse van 'n skool is so belangrik soos die individuele behoeftes van jou kind. By Tjokkies Laerskool glo hulle daaraan om elke kind te ken en hulle unieke eienskappe te erken. Hierdie benadering verseker dat elke kind die beste geleentheid kry om te groei en te ontwikkel. In Bloemfontein is daar 'n verskeidenheid van goeie skole, maar Tjokkies streef daarna om die beste gemengde laerskool in die omgewing te wees.
Om 'n Tjokkie te wees
Die Tjokkie-gees is 'n unieke en positiewe energie wat die skool deurspoel. Dit begin by die skoolhek, waar elkeen onmiddellik deel van die Tjokkie-familie voel. Van die vriendelike sekuriteitswagte tot die toegewyde onderwysers, is elkeen 'n belangrike skakel in die opvoedkundige proses. Tjokkies sien daarin dat hulle nie net onderrig gee nie, maar 'n omgewing skep waarin elke kind 'n sin van identiteit en selfstandigheid ontwikkel.
Visie vir elke leerder
Die Tjokkies-visie strek verder as slegs akademiese prestasie. Hulle mik daarna om elke Tjokkie-maat van Graad RR tot 7 op 'n kaalvoet manier toe te rus, sodat hulle met selfvertroue die uitdagings van die toekoms kan aangaan. Tjokkies se fokus op 'n gebalanseerde benadering tot opvoeding, wat lei tot selfstandige en volwasse individue.
Die regte keuse
Waarom Tjokkies? Die antwoord is eenvoudig - kom kyk self!
Tjokkies nooi voornemende ouers om op Saterdag, 24 Februarie 2024, tussen 09:00 en 12:00, Tjokkies se interaktiewe Opedag by te woon.
Hierdie dag bied 'n geleentheid vir almal, van Graad RR tot 7, om die skool se atmosfeer te ervaar. Tjokkies het onlangs met 'n opwindende nuwe vak begin, naamlik Robotika, en daar is nog vele ander aspekte van Tjokkies wat hulle graag met jou wil deel.
Ontdek die Tjokkie-gees en maak 'n deurslaggewende keuse vir die toekoms van jou kind!