On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Woede spoel oor na Dawid Kruiper-munisipaliteit

───   15:49 Tue, 20 Feb 2024

Woede spoel oor na Dawid Kruiper-munisipaliteit | News Article
Inwoners bespiegel oor ’n tender wat bedoel was vir Kalksloot se mense.

“Geen werkers is toegesluit nie. Die betogers was wel hier, maar hulle was net buitekant die munisipale gebou.”

Die Dawid Kruiper-munisipalitiet (DKM) op Upington was Maandag (19/2) in rep en roer nadat ontevrede inwoners daar opgedaag het.

Aanvanklike gerugte het die rondte gedoen dat die betogers die hoenders in was oor die toekenning van tenders vir bouwerk te Kalkstoot. Hulle het hierna na bewering van die personeel van die munisipaliteit in ’n kantoor toegesluit.

Patrick Williams, munisipale kommuniskasiebeampte, sê die gerugte is nie heeltemal waar nie. “Geen werkers is toegesluit nie. Die betogers was wel hier, maar hulle was net buitekant die munisipale gebou. Die polisie was op die toneel terwyl daar gesprekke was met die ontevrede groep. Alles was onder beheer en niemand was in gevaar nie.”

’n Raadsitting van die Dawid Kruiper-munisipalitiet op Upington. Foto: Facebook

Williams sou Dinsdag (20/2) ’n volledige verklaring uitgereik het oor die tenderprobleem wat ter sprake was, maar dit is nooit gedoen nie. Intussen word wyd op veral sosiale media bespiegel oor ’n tender wat bedoel was vir Kalksloot se mense, buitekant Upington.

Volgens Flip van der Steen, DA-raadslid by die DKM, was daar ook gerugte dat raadslede aan sekere mense werk belowe het; daarom was hulle ook deel van Maandag se protesoptrede. Hy het voorts gesê dat die tenderstorie na ’n groot “geheim” lyk.

OFM Nuus/Isaac Cloete

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.