Central SA
Hittegolf oor Sentraal-Suid-Afrika: Verligting Sondag verwag─── ZENANDE MPAME 11:36 Thu, 22 Feb 2024
“Bly gehidreer, beperk buitemuurse aktiwiteite en dra gepaste klere.”
Inwoners word aangeraai om gehidreer te bly en tyd buite in die son te verminder. ’n Tweede hittegolf het Sentraal-Suid-Afrika getref en dit sal na verwagting Sondag (25/2) begin afkoel.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens raai mense aan om toepaslike veiligheidsmaatreëls te tref, soos om skadu te soek, om te kyk vir diegene wat kwesbaar kan wees, om nooit kinders of troeteldiere in motors te los nie, om verkoelingsmetodes te gebruik en om snags koel te bly.
‘Kom veiligheidswenke na’
“Weens die ondraaglike temperature wat ervaar word tydens die huidige hittegolf in die provinsie, met temperature wat tot ongeveer 40 °C styg, doen ons ’n beroep op die publiek om te hou by die veiligheidswenke wat ons uitgebring het,” sê Sergio Kock, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
“Vermy slaap met oop deure, want dit maak jou ’n teiken, maak seker dat vensters toegerus is met diefwering wanneer dit oopgelaat word vir koel lug in jou woonplek, en hou ’n nat lap op jou polse, kop en nek om ’n bietjie van die hitte af te weer.”

Mag seker jou troeteldiere het genoeg water en skaduwee. Foto: Christie Rice, Pexels
Die kwik kan Donderdag (22/2) tot 38 °C op Upington styg en Vrydag tot 40 °C. Bloemfontein se temperatuur kan Donderdag sowel as Vrydag tot 34 °C styg. Die temperature het effens gedaal danksy die ligte reënbui Woensdagmiddag.
Intussen staan temperature in Mahikeng op 32 °C, volgens die weerdiens is dit “nie so warm nie”. Enkele reënbuie word vir vanmiddag voorspel.
‘Moenie onder die invloed van drank swem nie’
“Kanale en rioolaanlegte is gevaarlike plekke vir kinders. Mense moet nooit daarin swem terwyl hulle onder die invloed van drank of dwelms is nie, en mense moet verdrinkings by die polisie aanmeld en hulle daarvan weerhou om ’n geliefde te probeer red,” sê Kock.
Die Weerdiens het ook waarskuwings uitgereik vir die voorkoms van veldbrande oor groot dele van die Noord-Kaap weens die uiterste weerstoestande.
