Central SA
Philippolis-skool gesluit weens leerders se hitte-uitputting─── 15:05 Thu, 22 Feb 2024
“Die kwik het die afgelope week tot 40 °C op dié Suid-Vrystaatse dorp gestyg.”
Die skoolhoof van die Intermediêre Skool Bergmanshoogte op Philippolis het die skool tot volgende week gesluit. Rodney Engelbrecht is bekommerd oor die welstand van die kinders, van wie talle die laaste paar dae by die skool flou geword het. Diarree, dehidrasie en hitte-uitputting is aangemeld.
‘Kinders stap 3 km in bloedige son’
Die kwik het die afgelope week tot 40 °C op dié Suid-Vrystaatse dorp gestyg. Baie kinders stap ongeveer 3 km skool toe en terug na hul huis in die bloedige son. Die skool het briewe aan ouers gestuur en gevra om seker te maak daar is genoeg water vir hul kinders sodat hulle nie dehidreer nie.
OFM Nuus/Serijke Grobler dg
